Onderhandelings oor taxi-staking bereik dooiepunt
Cosatu in die Wes-Kaap beskuldig die Kaapstadse burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, daarvan dat hy verantwoordelik is vir die voortgesette gewelddadige taxi-staking. Onderhandelings tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad en die provinsiale regering het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Santaco onderneem om die staking tot Woensdag voort te sit en vra lede om nie ander vervoer te ontwrig nie. Tony Ehrenreich van Cosatu het aan sê Smith se opdrag om taxi’s te skut vererger die situasie, en eis sy skorsing.