Koperkabel-diefstal ‘n kopseer

Koperkabel-diefstal is ‘n groot uitdaging in die land en word deur sindikate bedryf. Drie vermeende koperkabeldiewe verskyn vandag in die Tsumeb-landdroshof in twee afsonderlike sake. Die eerste voorval het by die Dundee Precious Metals-myn plaasgevind met twee Namibiese mans, 29 en 21 jaar oud, wat in hegtenis geneem is. Na bewering het die verdagtes die maatskappy se erf deur die heining betree. In die tweede voorval is ‘n 26-jarige Namibiese man gearresteer by Henning Crushers. Die verdagte, wat op wagdiens was, het na bewering twee bondels koperdraad ter waarde van 3 000 Namibiese dollar sonder toestemming van die maatskappy se perseel geneem. In die Noorde loop veral Cenored ook deur onder koperkabeldiewe. Die woordvoerder, Charlie Matengu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…