Khume meen hy sal maklik in ’24 Gauteng se leier wees

Die voornemende DA-leier in Gauteng, Khume Ramulifho, sê hy is vol vertroue dat hy die party in die provinsie in volgende jaar se verkiesing met ‘n volstrekte meerderheid kan laat wen. Hy wil die huidige leier, Solly Msimanga by die DA se provinsiale verkiesingskonferensie hierdie naweek onttroon. Ramulifho het onlangs al die streke in Gauteng besoek om sy sienings te deel. Hy sê om integriteit, ondervinding en leierskap te bring en ‘n wenbare verkiesingsveldtog te begin, is nie ‘n vergesogte droom nie: