Boere reageer op water in die Etaka-Uuvudhiya-kanaalAugust 7, 2023

Boere in die noorde van die land is verlig dat water vanaf die Olushandjadam in die Etaka-Uuvudhiya-kanaal gepomp word. Die kanaal strek oor 130 kilometer in die Noorde. Volgens NamWater volg die stap weens die langdurige droogte met ‘n gebrek aan weiding en water vir vee- en akkerbouers. Die water is slegs geskik vir vee-verbruik en landboudoeleindes. NamWater is vol vertroue dat die water in die Olushandjadam tot die reënseisoen beskikbaar sal wees om water aan die kanaal te voorsien. ‘n Kleinskaalse boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…