Alcaraz, Medvedev die grotes in Kanada

Die wêreld se nommer een Carlos Alcaraz en die verdedigende kampioen Daniil Medvedev is hierdie week die groot name by die Kanadese Ope. Die 20-jarige Spanjaard, wat pas die Wimbledon-titel ingepalm het, maak sy debuut in Toronto. Alcaraz mik na sy sewende trofee hierdie jaar en sal te staan kom teen die Amerikaner Ben Shelton óf sy landgenoot Bernabe Zapata Miralles. Die Rus Medvedev sal begin om sy titel te verdedig teen die tuisgunsteling Vasek Pospisil óf ‘n kwalifiseerder. Die wêreld se nommer twee-speler, Novak Djokovic van Serwië, het hom weens uitputting aan die toernooi onttrek.