AfriForum hou Kill the boer in die nuus
AfriForum se Kallie Kriel sê na die EFF se saamtrek vir sy tiende bestaansjaar-vieringe toe die party weer die Kill the boer-lied gesing het, is daar drie boere in ‘n kwessie van dae vermoor. Die burgerlike organisasie in Suid-Afrika het weer die EFF-leier Julius Malema se getuienis tydens die verhoor in Februarie 2022, in die saak wat AfriForum in Gauteng gebring het, op sy Twitter-blad gedeel. Die organisasie se Mark Oppenheimer het Malema so ondervra.