Wes-Kaapse taxi’s gaan voort met hul staking
Die buurland se nasionale taxiraad Santaco in die Wes-Kaap, sê hy sal voortgaan met sy staking, tot die regering gehoor gee aan sy eise. Santaco het Donderdag begin staak uit protes teen die Kaapstad-metro se verkeersregulasies, en die skut van voertuie. Intussen het die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis ‘n beloning van 250 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat kan lei tot ‘n deurbraak in die ondersoek na die skietdood van ‘n Leap-wetstoepassingsbeampte in Nyanga. Die polisie ondersoek of die voorval verband hou met die voortslepende taxi-staking in die Wes-Kaap.