Water van Olushandjadam na Etaka-Uuvudhiya-kanaal gepomp
NamWater het begin om water te pomp vanaf die Olushandjadam in die Etaka-Uuvudhiya-kanaal, wat oor 130 kilometer in die Noorde strek. Die water is slegs geskik vir vee-verbruik en landboudoeleindes. NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia sê die stap volg weens die langdurige droogte wat ook in die noorde van die land heers. Volgens Nehemia het die kantoor van die eerste minister 3 miljoen Namibiese dollar bewillig om die voltooiing van die projek te verseker. Hy het bygevoeg dat NamWater vol vertroue is dat die water in die Olushandjadam tot die reënseisoen beskikbaar sal wees om aan die kanaal te voorsien. Nehemia sê dat NamWater strategies beplan aan die opgradering van die meeste van sy infrastruktuur ten einde volhoubare watervoorsiening tot die jaar 2037 te verseker.