Waarsku kinders teen vreemdelinge
Ouers word gemaan om hul kinders te waarsku om nie met vreemdelinge te praat nie. Dit volg na aanleiding van ‘n ouer se plasing op sosiale media wie se dogter glo amper in Shanghaistraat in Windhoek ontvoer is. Na bewering is die meisie ná skool deur mans gedwing om in hul motor te klim, sodat hulle haar ‘n saamry-geleentheid na Otjomuise kon gee. Nadat die meisie geweier het, het die bestuurder glo vir die mans gesê om hul werk te doen. Drie mans het uit die motor geklim met een wat glo ‘n pistool en ‘n pyp gehad het. Volgens die ma het haar dodgter gillend weggehardloop, totdat sy deur mense van ‘n nabygeleë huis gehelp is. Stunpse Ortega, ‘n onderwyser by Van Rhyn Primêre Skool het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..