Sokker: Nederland sink Banyana

Sokker: Banyana Banyana se geskiedkundige wêreldbekerveldtog is in Sydney deur Nederland beëindig. Die Nederlanders het Suid-Afrika met 2-0 geklop. Ondanks die nederlaag, sal die Banyana-span met groot trots kan terugkeer na Suid-Afrika. Hulle is die eerste nasionale sokkerspan – mans of vroue – wat tot die uitklopfase van die toernooi kon deurdring. Onderweg na die prestasie het hulle die derde beste span in die wêreld, Swede, behoorlik laat klippe kou, gelykop gespeel teen Argentinië, en boonop hul eerste wêreldbeker-oorwinning behaal oor Italië. Nederland speel nou volgende teen Spanje, wat Switserland Saterdag met 5-1 verinneweer het.