SA Polisiediens begin met werwing van 10 000 nuwe rekrute
Die Suid-Afrikaanse polisiediens gaan in die komende week begin met die werwing van 10 000 nuwe rekrute vir opleiding aanstaande jaar. Die nasionale kommissaris van die polisie, Fannie Masemola het by ‘n polisie-ekspo in Oos-Londen gesê die werwingsveldtog is deel van pogings om die polisiemag tot 200 000 lede uit te brei, soos wat dit in 2010 was. Hy sê dit is nodig om voort te gaan om die nodige dienste te lewer te midde van die toenemende bevolkings-eise. Volgens hom is daar reeds sowat 10 000 rekrute in opleiding.