Lady R-verslag: SA het geen wapens vir Rusland opgelaai

Die Russiese vragskip, die Lady R, het nie Suid-Afrikaanse wapens of ammunisie gelaai toe dit in Desember verlede jaar in die Simonstadse vlootbasis vasgemeer het nie. Die skip het wel voedsel en ander voorrade vir sy terugvaart na Rusland aan boord geneem. Dit is die hoofbevindings van die finale verslag van die geregtelike ondersoekpaneel. Die hoofvrag wat na Simonstad gebring is, was ‘n ou wapenbestelling wat die weermag by Rusland voor die Covid-pandemie geplaas en hoofsaaklik uit ligte wapens en ammunisie bestaan het.