Frankryk steun Ecowas om staatsgreep in Niger te stuit
Frankryk sê hy steun pogings deur lede van die Wes-Afrikaanse blok, Ecowas, om die staatsgreep in Niger te stuit. Die nuwe militêre junta het tot vanaand om terug te staan en grondwetlike orde te herstel of moontlike militêre ingryping in die gesig te staar. Die voormalige koloniale mag, Frankryk, sê die toekoms van Niger en die stabiliteit van die hele streek is op die spel. Verdedigingshoofde van Ecowas het verlede week in Nigerië vergader om gesamentlike optrede teen die staatsgreep te organiseer en moontlike militêre ingryping te beplan, wat volgens hulle ‘n laaste uitweg is.