Bangladesh steier onder uitbreking van knokkelkoorsAugust 6, 2023
Bangladesh se gesondheidsorgsektor sukkel om kop bo water te hou te midde van ‘n ernstige uitbreking van knokkelkoors. Hospitale in die land het volgens berigte nie genoeg spasie om die toevloei van pasiënte te huisves nie. Volgens die gesondheidsowerheid is sowat 300 mense dood, en meer as 60 000 gevalle van die siekte aangemeld. Hulle sê die digbevolkte hoofstad Dhaka loop die ergste deur. Die virus word deur muskiete oorgedra, en daar is geen entstof daarteen nie.