Afrika-unie ontplooi sending vir verkiesing in Zimbabwe

Die Afrika-unie-kommissie sê hy sal ‘n gesamentlike AU en Gesamentlike Mark vir Oos- en Suider-Afrika-moniteringsending ontplooi vir die verkiesing in Zimbabwe. Die sending, wat bestaan uit 73 korttermyn-waarnemers en ‘n drietal verkiesingkenner-kernspan, sal die verkiesing van 16 tot 29 Augustus dophou. Die lede sal skakel met verskeie belangegroepe en toesig hou oor die finale voorbereidings en die stemproses. Die voorsitter van die AU-kommissie, Moussa Faki Mahamat, sê gegrond op hulle bevindinge sal hulle ná stemdag ‘n voorlopige verklaring uitreik.