Zuma hoor volgende week of hy terugkeer tjoekie toe

Die Suid-Afrikaanse departement van korrektiewe dienste sal teen Donderdag sy besluit bekend maak oor of oudpresident Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe. Dit kom nadat die Konstitusionele Hof ‘n aansoek van die hand gewys het om die bevinding van die Appèlhof, dat Zuma se vrylating op mediese parool onwettig was, om te keer. Partye het vertoë gerig of hy die res van sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof moet uitdien. Die woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo, sê die beslissing sal openbaar gemaak word.