Suid-Koreaanse man in China tereggestel oor dwelms
China het ‘n Suid-Koreaanse burger tereggestel vir dwelmhandel nege jaar nadat hy in hegtenis geneem is vir die besit van vyf kilogram metamfetamien. Ten spyte van Suid-Korea se versoek vir heroorweging van die teregstelling, was dit die eerste keer dat so ‘n vonnis in byna ‘n dekade op ‘n burger van dié land uitgevoer is. Die Koreaanse man is in die suidelike Chinese stad Guanzhou tereggestel vir dwelmhandel, het Beijing se ministerie van buitelandse sake in ‘n verklaring bevestig. Die man, slegs bekend as Jiang, is in 2014 in China in hegtenis geneem en in 2019 ter dood veroordeel.