Skermutselinge in Swartsee duur voort

Russiese owerhede sê ‘n Russiese olietenkskip is beskadig in ‘n Oekraïnse aanval in die Swartsee. ‘n Russiese nuusagentskap berig dat die skip se enjinkamer beskadig is in die aanval deur ‘n onbemande seevaartuig naby die Krim-gebied. Die 11 bemanningslede op die skip is ongedeerd. Skermutselings in die Swartsee het die afgelope weke toegeneem, nadat Rusland aan die Swartsee-graanooreenkoms onttrek het. Samesprekings oor hoe die oorlog in Oekraïne beëindig kan word, begin intussen vandag in Saoedi-Arabië. Uitnodigings na die samesprekings is aan sowat 30 lande gestuur, maar nie aan Rusland nie.