Netbal: Proteas pak Uganda ná sege oor Tonga
Netbal: Die Proteas se ster, Elmeré van der Berg, is as speler van die wedstryd aangewys na Suid-Afrika se oorwinning van 72-46 teen Tonga in hul Wêreldbeker-uitspeelwedstryd Vrydagaand in Kaapstad. Van der Berg het met 51 van haar 54 doelskote geslaag, wat ‘n sukseskoers van 94 persent is. Die uitslag beteken die Proteas speel môre teen Uganda om die vyfde of sesde plek. Die skare by die wedstryd was nie so groot soos by die nasionale span se vorige kragmetings nie, maar die Springbok Siya Kolisi was wel onder die ondersteuners.