Handgeskrewe lirieke van Bohemian Rhapsody kan US$1 miljoen op veiling haal

Die afslaer Sotheby’s in Brittanje het ‘n bykans identiese replika van die hoofsanger van die rockgroep, Queen, Freddie Mercury se huis opgerig. Mercury-ondersteuners kan duisende van die rock-ster se besittings in 15 galerye in New Bond-weg in Londen besigtig. Die items sal in September tydens ses individuele veilings onder die hamer kom. Onder die items is die kroon wat hy tydens sy laaste vertoning gedra het en die handgeskrewe lirieke van die treffer Bohemian Rhapsody. Dié item sal na verwagting meer as ‘n miljoen Amerikaanse dollar op die veiling haal. ‘n Woordvoerder van Sotheby’s, David McDonald sê die items verteenwoordig geskiedkundige oomblikke in Mercury se loopbaan.