Gesondheidswerkers sukkel met vervoer in Kaapse taxistaking
Die verplegingsvakbond, Denosa, in die Wes-Kaap, versoek alle werkgewers om begrip te hê vir die uitdagings waarmee gesondheidsorgwerkers te doen het. Die taxi-staking ontwrig gesondheidsorgdienste en die beweeglikheid van gesondheidsorgwerkers. Talle gesondheidsorgwerkers het volgens die organisasie probleme ondervind om by hul huise te kom en sommige se motors is vernietig. Die waarnemende provinsiale sekretaris van Denosa, Jaco van Heerden, sê die tekort aan polisiebeamptes vererger die situasie en verhoed personeel van noodsaaklike dienste om weens die geweld hul huise te verlaat.