Florida-goewerneur se grootste skenker draai geldkraan toe
Amerikaanse hotel-entrepreneur Robert Bigelow, die grootste individuele skenker aan ‘n groep wat Ron DeSantis se presidensiële bod ondersteun, sê hy sal nie meer geld skenk nie, tensy die Florida-goewerneur nuwe groot skenkers lok en ‘n meer gematigde benadering volg. Die opmerkings deur Bigelow, wat in Maart 20 miljoen Amerikaanse dollar aan die pro-DeSantis “Never Back Down”-veldtog geskenk het, beklemtoon skenkers se kommer oor die DeSantis se sukkelende veldtog, wat nie ‘n duik kon maak in oudpresident Donald Trump se groot voorsprong vir die 2024 Republikeinse benoeming nie.