FAO: Voedselpryse styg wêreldwyd in Julie

Volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het wêreldwye voedsel-kommoditeitspryse in Julie gestyg, wat beïnvloed is deur die beëindiging van die Swartsee-graanooreenkoms en nuwe handelsbeperkings op rys. Die organisasie se voedselprysindeks was in Julie gemiddeld 1,3 persent hoër as In Junie, terwyl dit 11,8 persent onder sy vlak van Julie verlede jaar was. Internasionale sonneblomolie-pryse het Julie met meer as 15 persent gestyg, hoofsaaklik as gevolg van hernude onsekerhede rondom die uitvoer-voorrade ná Rusland se besluit om die implementering van die Swartsee-graanooreenkoms te beëindig.