Duisende Kaapse leerders ontwrig deur taxi-staking

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het bevestig 287 420 leerders moes Vrydag hul klasse weens die grootskaalse ontwrigtende taxi-staking misloop. Die provinsiale LUR vir nderwys, David Maynier, sê 9 508 onderwysers en personeel is ook verhinder om kinders op te voed. Maynier sê die metro-onderwysgebiede word die meeste geraak. Hy sê skole is steeds oop, maar vandag se BackOnTrack-klasse is gekanselleer. Sowat 14 000 leerders wat ekstra klasse ontvang om hul leeruitkomste te verbeter, sal dit weens die staking nie kan bywoon nie.