Trump pleit onskuldig, sê dis ‘n hartseer dag vir Amerika
Oudpresident Donald Trump van Amerika het in ‘n federale hof in Washington onskuldig gepleit op vier aanklagte wat verband hou met sy beweerde pogings om die uitslag van die 2020-presidentsverkiesing om te keer. Dit is die derde keer dat hy aangekla word. Die vier aanklagte is sameswering om Amerika te bedrieg, sameswering om ‘n amptelike proses te keer, die verhindering van ‘n amptelike proses en sameswering teen die regte van landsburgers. Trump het na sy hofverskyning die aanklagte gekritiseer en sê dis ‘n hartseer dag vir Amerika: