Stellenbosch Universiteitskoor op pad na TokioAugust 4, 2023
Die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, en 48 lede van Stellenbosch Universiteitskoor is op pad na Tokio, Japan, waar hulle volgende week aan die ISPS Sports Values Summit-Special Edition 2023 gaan deelneem. De Villiers en die koor is genooi deur die internasionale filantroop, Haruhisa Handa, wat bekendheid verwerf het vir sy bydraes tot wêreldwye diens aan die publiek en liefdadigheidsorganisasies. Die dirigent van die koor, André van der Merwe, sê hulle is bevoorreg om hierdie uitnodiging te ontvang.