Sokker: Zambiese afrigter van wangedrag beskuldigAugust 4, 2023

Sokker: Die sport se beheerliggaam in Zambië is verbaas oor bewerings dat sy afrigter van die vrouespan ‘n spanlid by die Wêreldbeker vir Vroue mishandel het. Fifa het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy ‘n bewering van wangedrag noem. Luidens ’n berig in The Guardian word die afrigter van Zambië, Bruce Mwape, daarvan beskuldig dat hy na ’n oefensessie ’n speler se borste betas het. Volgens Fifa neem hy enige bewering van wangedrag uiters ernstig op. Zambië is in die groepfase van die toernooi in Australië en Nieu-Seeland uitgeskakel en is nou terug by die huis.