Singapoer stel nog ‘n dwelmhandelaar tereg

Singapoer het ‘n 39-jarige man tereggestel wat skuldig bevind is aan handel in heroïen. Mohamed Shalleh Adul Latiff is ter dood veroordeel vir die besit van ongeveer 55 gram van die dwelm in 2019. Die Sentrale Narkotikaburo sê dit is die vyfde persoon wat vanjaar tereggestel word en die derde in net meer as ‘n week. Singapoer het onlangs die eerste vrou in byna 20 jaar tereggestel, ook vir dwelmhandel, ondanks veroordeling van menseregtegroepe. Sestien mense is dood sedert die regering in Maart verlede jaar teregstellings hervat het ná dit tydens Covid-19 verslap is.