Rugby: Welwitschias takel Uruguay in Montevideo

Rugby: Die Windhoek Draught Welwitschias draf môrenamiddag om ses-uur teen Uruguay uit in hul tweede wedstryd van die Wêreldrugby-nasiesbeker. Kaptein Johan Deysel sal die Namibiese span in die hoofstad Montevideo aanvoer met Tjiuee Uanivi die onderkaptein. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie, John Heyns, het goeie nuus oor die uitsaai van die wedstryd.