Ministerie sal binnekort sê oor skoolkalender vir 2024

Die Namibiese onderwysministerie het sy sperdatum vir insette van die publiek oor twee voorgestelde skoolkalenders vir volgende jaar, tot vandag toe uitgestel. Daar is nie noemenswaardige verskille nie dit is net die begin van die akademiese jaar wat verskil sowel as die breek in die tweede semester. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp sê die kalenders is in die plaaslike koerante geadverteer. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die streke se terugvoering ontvang is en dat die insette deurgewerk moet word.