Mashatile: Skenk aandag aan koalisiebouAugust 4, 2023

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale dialoog oor koalisieregerings moet aandag skenk aan die kritieke kwessies rondom koalisiebou. Die tweedaagse dialoog by die Universiteit van die Wes-Kaap het ten doel om ‘n nasionale raamwerk vir koalisieregerings daar te stel. Volgens Mashatile poog die dialoog om veerkragtige demokratiese instellings te verseker wat saamwerk tot voordeel van die mense. Hy voeg by die verbetering van die lewens van burgers is dikwels in gedrang wanneer partye meeding om beheer oor rade te neem.