Marokko is derde Afrika-sokkerspan wat deur is na laaste 16
Marokko is naas Suid-Afrika en Nigerië die derde land uit Afrika in die laaste 16 van die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Australië en Nieu-Seeland. Die debutante het Colombië in hulle laaste groepswedstryd in Perth met 1-nul geskok, hoewel die Suid-Amerikaanse span ook deurdring. Marokko is tans in die 72ste plek op die wêreld-ranglys en het in hulle openingswedstryd met nul-6 teen die tweemalige kampioen, Duitsland, verloor maar het die groepfase oorleef toe Suid-Korea gelykop gespeel het teen die Duitsers, wat hulle uitgeskakel het uit die toernooi.