KZN trek meer as 8 000 in misdaad operasie vas

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Sipho Hlomuka, het sy tevredenheid uitgespreek oor nóg ‘n suksesvolle geïntegreerde misdaadintelligensie-gedrewe operasie regdeur die provinsie. Die operasie het verlede maand alleen gelei tot die arrestasie van 8 940 verdagtes. Die departement se woordvoerder, Thando Biyela, sê meer as 2 000 verdagtes is in hegtenis geneem vir kontakmisdade soos moord, poging tot moord en roof: