Eskom bekommerd oor Kaapse taxi-staking

Eskom het sy kommer uitgespreek oor vertragings met dienslewering nadat taxi’s in die Wes-Kaap begin staak het. Die situasie hou ‘n gevaar in vir sy tegnici en ingenieurs. Een van sy voertuie is tydens die onrus met ʼn petrolbom aangeval en ʼn ondersoek het begin. Die taxivereniging, Santaco, het Donderdag ʼn staking van sewe dae afgekondig, nadat die Stad Kaapstad verskeie van sy voertuie geskut het. Die staking het vervoerdienste merkbaar ontwrig.