Brent klim weer, 6de week van stygings, op met 15,4%

Die Brent ru-olieprys het vanoggend weer geklim, wat dit die sesde week maak wat die kommoditeit opwaarts beweeg. Die mark is senuagtig omdat Opul en sy vennote vandag vergader met Rusland en Saoedi-Arabië wat reuse-besnoeiings toepas. Brent verhandel tans bo 85 Amerikaanse dollar ‘n vat. Brent het met meer as 15 persent in die afgelope ses weke gestyg met Saoedi wat by die vorige Opul-vergadering besnoeiings van ‘n miljoen vat daagliks aangekondig het en dit sal voortsit tot in September. Die land het meer as 80 Amerikaanse dollar ‘n vat nodig om sy fiskale verantwoordelikhede na te kom. Intussen sny Rusland uitvoere met 300 000 vate daagliks.