Bokke het nog net môre om indruk te maak voor Wêreldbeker
Môre se opwarmingswedstryd teen Argentinië in Buenos Aires is die laaste geleentheid vir spelers om indruk te maak voor die aankondiging van die Springbokke se Wêreldbeker-groep aanstaande week. Die Bokke het in die Rugbykampioenskap swaar geleef onder die hoё bal teen Nieu-Seeland en tot ʼn mindere mate teen Argentinie. Suid-Afrika gaan nou ʼn langer agterste drie inspan, met Makazole Mapimpi en Canan Moodie die vleuels en Damian Willemse die heelagter. Moodie sê hulle is gereed vir nog ʼn lugaanslag: