Bazoum doen beroep op hulp in Washington PostAugust 4, 2023
Niger se ontsetelde leier, Mohamed Bazoum, het ‘n beroep op Amerika en die internasionale gemeenskap gedoen om te help om grondwetlike orde in sy land te herstel. Onrus het uitgebreek ná ‘n staatsgreep deur die militêre junta. Hierdie staatsgreep teen Bazoum is die sewende in Wes- en Sentraal-Afrika sedert 2020. Bazoum sê in ‘n artikel in die Washington Post die stryd vir gedeelde waardes, insluitend demokratiese pluralisme en respek vir die oppergesag van die reg, is die enigste manier om volhoubare vordering te maak teen armoede en terrorisme.