Alberta onttrek ondersteuning aan Statebondspele, te duur

Die Alberta-provinsie in Kanada het sy ondersteuning dat die Statebondspele in 2030 in en om die stede Edmonton en Calgary aangebied word, weens die onkoste onttrek. Die minister van Toerisme en Sport, Joseph Schow, sê die koste word op 37 miljard Namibiese dollar geraam en dis te veel vir die provinsie. Hy sê die model van korporatiewe borgskap en beperkte uitsaai-inkomste sou daartoe lei dat belastingbetalers 93 persent van die koste moes dra. Australië het verlede maand sy bod om die Spele in 2026 in Victoria aan te bied onttrek, nadat die koste tot meer as 112 miljard Namibiese dollar gestyg het.