Vraghantering by Hosea Kutako op hete kole, almal wag vir môre se uitspraak

Vraghantering loop op die oomblik vlot op Hosea Kutako Internasionale Lughawe maar, rederye het kommer oor môre se uitspraak in Menzies Aviation se dringende aansoek teen Paragon en Ethiopian Airlines se ontvangs van die vraghanteringstender. Die maatskappy het regter Shafimana Ueitele, gevra vir redelike kennisgewing om die perseel te ontruim, sowel as tussentydse verligting tot sy aansoek vir ‘n oorsig, van die weiering van sy tender vir vraghantering, aangehoor kan word. Die opheffing van Menzies se kontrak het veroorsaak dat Qatar Airways en Lufthansa alle vragvervoer vanaf die lughawe opgeskort het. Kosmos 94.1 Nuus het met Fritz Kaufmann, bestuurder van besigheidsontwikkeling by Transword Cargo gepraat. Hy sê almal is op hete kole vir môre.