Trump se verhoor moet regstreeks uitgesaai word
Oudpresident Donald Trump en die gebeure van 6 Januarie bly in die nuus. ‘n Strateeg vir die Demokrate, Nicole Bremer Schmitz is van mening dat die verhoor regstreeks uitgesaai moet word sodat Amerikaners self kan hoor wat gebeur het. Sy meen hulle sal besluit dat hy nie geskik is om die amp van president te beklee nie.