Tennis: Taylor Fritz teen Andy Murray in Citi Ope

Tennis: Die topgekeurde Taylor Fritz van Amerika wat sy derde titel van die seisoen wil opraap, is deur na die Citi Ope in Washington se laaste 16. Hy het sy landgenoot Zachary Svajda met 6-3 en 6-3 verslaan en daarmee hierdie seisoen 17 van sy 20 wedstryde op tuisbodem gewen. Fritz kom nou teen die Brit Andy Murray te staan wat die Amerikaner Brandon Nakashima met 7-6 en 6-4 geklop het. Die Franse promotors-keuse Gael Monfils en die Australiër Jordan Thompson het ook seges behaal. In die vroue-afdeling het die Amerikaner Coco Gauff en Elina Svitolina van Oekraïne na die kwarteindronde deurgedring.