Ramaphosa se krag-askieplan is ‘n mislukking

Die DA het uitgevaar teen President Cyril Ramaphosa se elektrisiteit-aksieplan met ‘n sukseskoers van slegs 16 persent oor die afgelope 13 maande. Die plan was daarop gemik om beurtkrag te beëindig en die langtermyn-volhoubaarheid van kragvoorsiening te verseker. Die party sê die kragbeskikbaarheids-faktor van Eskom se huidige opwekking is ook meer as vyf-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Woordvoerder Samantha Graham-Maré het die regering gemaan om onmiddellike oplossings te vind vir die kragkrisis: