QAnon Shaman praat met Britse media oor 6 Januarie
Die sogenaamde ‘QAnon Shaman’ Jacob Chansley, wat roem verwerf het op 6 Januarie toe hy deel was van die opstand maar in ‘n pels geklee was met ‘n kopstuk met horings, het met Britse media gepraat oor daardie dag. Die gebeure is in die nuus as gevolg van die formele klagte wat teen oudpresident Donald Trump in die verband gebring is. Hy sê hy was nie deel van ‘n opstand nie.
Chansley is oorspronklik vir 41 maande tronk toe gestuur maar is in Maart vanjaar na ‘n buite-fasiliteit verskuif na sy vonnis met 14 maande verminder is. Hy is uiteindelik einde Mei vrygelaat.