Pous ontmoet met slagoffers van seksuele misbruik

Pous Franciskus het 13 slagoffers van seksuele misbruik deur geestelikes in Portugal privaat ontmoet. Die 86-jarige is op ‘n vyf dae lange besoek aan die land om deel te neem aan die groot Katolieke Wêreld Jeugdag-feesvieringe. ‘n Verslag deur ‘n onafhanklike kommissie van die Katolieke Kerk in Portugal, het aan die lig gebring dat minstens 4 815 kinders sedert 1950 deur geestelikes, meestal priesters, in die land mishandel is. Die pous sê die angskreet van seksueel-mishandelde slagoffers moet gehoor word.