Oorlewende in gemsbokstroop-sage pleit skuldig
Die Namibiese polisie sê die makker van die man wat deur ‘n gemsbok op plaas Seeis doodgesteek is na hy hom vermoedelik probeer stroop het, is formeel aangekla en het verskyn. Die 33-jarige Nelson Naubeb het Woensdagmiddag in die Katutura-landdroshof verskyn, skuldig gepleit en is ‘n boete van 1 000 Namibiese dollar opgelê. Sy vriend, 51-jarige Hendrik Kharuxab is dood na die gemsbok met ‘n spies of assegaai gesteek is en hom toe aangeval het en met sy horing doodgesteek het. Volgens adjunk-inspekteur Silas Shipandeni van Nampol, het die plaaseienaar ‘n saak geopen. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.