Onderwysers se behandeling van leerders onder die soeklig
Daar is kommer uitgespreek oor die gedrag van Namibiese onderwysers teenoor leerders. Daar is berig dat sommige onderwysers leerders met harde woorde toesnou of hulle fisies mishandel. Kosmos 94.1 Nuus het na die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, Edda Bohn, uitgereik om vas te stel of die ministerie daarvan bewus is. Bohn sê die ministerie is bewus van hierdie bewerings en bevestig dat geen onderwyser toegelaat word om ‘n leerder te mishandel nie. Daar word ook van leerders verwag om hul volgens die reëls te gedra.