N$5,2 miljard in tenders op Namibiese maatskappye bestee

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië sê hy het tenders ter waarde van 7 miljard Namibiese dollar in die afgelope vyf jaar bestaan uitgereik. Van die bedrag is 75 persent, of te wel, 5,2 miljard dollar aan maatskappye in 100 persent Namibiese besit toegeken. Intussen sê die raad hy sal ‘n kontantvloei van amper 410 miljoen dollar nodig hê om sy nuwe Geïntegreerde Strategiese Besigheidsplan te handhaaf en suksesvol te implementeer. Die plan strek tot die 2027/28-boekjaar en die raad sal die projekte befonds deur middel van regeringsbefondsing sowel as inkomste vir fooie om tenderdokumente te bekom.