Meer as 1 000 polisiebeamptes in Kaapse taxi-staking ontplooi
Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisietoesig, Reagen Allen, sê meer as ‘n duisend polisielede is in brandpunte ontplooi in die lig van die taxi-staking. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad het alle bedrywighede in die provinsie met onmiddellike effek gestaak, na gewelddadige botsings as gevolg van die skut van voertuie in Kaapstad se middestad. Allen moedig motoriste aan om alternatiewe roetes te vind en deurgaans op hulle hoede te wees.