Cenored se elektrisiteitstariewe styg met 7,6%
Cenored het vandag aangekondig dat sy elektrisiteitstariewe met 7,6 persent sal styg, effektief vanaf 1 Julie. Fessor Mbango, die maatskappy se uitvoerende hoof het tydens die aankondiging op Otjiwarongo bevestig dat die Elektrisiteitsbeheerraad Cenored se aansoek goedgekeur het. Cenored verskaf elektrisiteit aan die streke van Omaheke, Otjozondjupa, Kunene en deels Oshikoto. Mbango sê die tariefverhogings van NamPower in Mei vanjaar het outomaties die grootmaat aankope van elektrisiteit van Cenored beïnvloed. Die woordvoerder van die maatskappy Charlie Matengu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…