Arbeidsministerie pas weer reëls oor regstellende aksie-verslae aan
Die arbeidsministerie sê in ‘n verklaring dat die aanpassings tot die Regstellende Aksie-wetgewing, wat werkgewers met tien of meer werknemers dwing om verslae in te dien, op sy beurt aangepas is. Die wetgewing is in September verlede jaar bekragtig en het die minimum werker-drumpel van 25 na tien afwaarts aangepas. Maar, die ministerie sê daar is talle besware ingedien en dus, hoef werkgewers met tussen tien en 19 werknemers nie teen 15 Maart volgende jaar regstellende aksie-verslae in te dien nie. Werkgewers met tussen 20 en 24 en die met 25 of meer, moet teen daardie datum hul verslae indien. Die ministerie sê hy sal wel kommunikeer wanneer ‘n besluit gemaak is oor die verslae vir werkgewers met tussen tien en 19 werkers.